Woord vir Vandag - 16 April 2026

Loading player...
“en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.” Johannes 8:32 NLV
Kliek op die ‘save’ knoppie
As jy ‘n rekenaar gebruik, weet jy wat die ‘save’ knoppie is. Om ‘n dokument te stoor, druk jy net die ‘save’ knoppie. Woorde op die skerm word dan in die kern van die masjien gestoor. Solank die woorde slegs tot die skerm beperk is, is hulle kwesbaar om uitgewis te word. Ons vervloek die rekenaarmonster wanneer dit ons harde werk verslind wanneer ons vergeet om die ‘save’ knoppie te druk. Sodra ons egter ons werk stoor, is dit veilig. Kliek jy op die ‘save’ knoppie wanneer jy die Skrif lees? Jy stoor die waarheid wanneer jy doelbewus toelaat dat dit wat jy gelees of gehoor het, deel word van wie jy is. Jesus het gesê: ‘en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.’ Soos jy die waarheid leer en stoor, bevry dit jou van skuldgevoelens, vrees, trots, woede, ens. Waarheid wat gestoor word, hervorm jou en het ‘n impak op jou hart. Slegs wanneer jy toelaat dat die waarheid van die Skrif die gesag in jou lewe word, sal jy ervaar hoe dit werk. Bid die volgende: ‘God, spreek vandag asseblief tot my hart terwyl ek u Woord lees.’ Lees dan die Skrif met ‘n oop hart totdat ‘n teksvers jou aanraak. God het vir Josua gesê indien hy die opdragte van die Skrif sou uitvoer, Hy sy weg voorspoedig sou maak (sien Josua 1:8). Die belofte van voorspoed sluit finansies in, maar dit verwys ook na ‘n welgestelde gees, verstand en liggaam. God gee nuwe vaardighede aan ‘n leier, beter slaap aan ‘n werker, meer geduld vir ‘n onderwyser, dieper liefde vir ‘n moeder en groter hoop vir ‘n bejaarde persoon. Kliek dus op die ‘save’ knoppie!
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min