Woord vir Vandag - 17 April 2026

Loading player...
“Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig dat God ons liefhet…” 1 Johannes 4:16 NLV
Wees oortuig van God se liefde vir jou
Wanneer jy misluk, misluk God se liefde nie vir jou nie. Jy moet dit egter glo om die volheid van dit wat Hy vir jou het, te geniet. Die wete van God se liefde sal jou tot oorwinning dra wanneer die magte van die hel teen jou is. Die wete van God se liefde sal jou deur die lewe se storms en na ‘n plek van vrede dra. God se liefde is nie tot die dae wanneer jy goed presteer beperk nie. Hy het jou net so lief gedurende die tye wanneer jy misluk. Jy moet oortuig van sy liefde wees, veral wanneer jy deur beproewing gaan en die duiwel jou beskuldig en sê: ‘Wel, jy moes iets verkeerd gedoen het.’ God se liefde word nie op ‘n merietestelsel uitgedeel nie. Jy het niks gedoen om sy liefde te verdien nie; daarom kan jy niks doen om dit te verbeur nie. Johannes het geskryf: ‘Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ‘n hegte verhouding met God en God met hulle. Hiertoe is God se liefde ten volle in ons verwesenlik, dat ons vrymoedigheid kan hê op die oordeelsdag. Want dan sal ons ook in hierdie wêreld wees soos Hý is. Ware liefde het nie plek vir vrees nie; volwasse liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volwasse liefde bemeester nie’ (1 Johannes 4:16-18 NLV). Wees dus ten volle oortuig van God se liefde vir jou.
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min