Woord vir Vandag - 18 April 2026

Loading player...
“Ek sal My ontferm oor hulle ongeregtighede en Ek sal nooit weer aan hulle sondes dink nie.” Hebreërs 8:12 NLV
God vergewe en vergeet (1)
God vergewe en vergeet. Hy onthou alles wat jy reg gedoen het terwyl Hy alles wat jy verkeerd gedoen het, vergeet. Dit is egter vir ons baie moeiliker om ons belyde sonde te vergeet, selfs al onthou God dit nie. Ons is geneig om ons foute makliker as ons suksesse te onthou. Daarom is dit moeiliker om onsself te vergewe as om God se vergifnis te ontvang. Ons is geneig om te onthou wat ons moet vergeet, terwyl ons vergeet wat ons moet onthou. Hierdie onvermoë om die sonde wat ons bely het te vergeet, is deel van ons sondige aard. Die sondeval het die beeld van God in ons gebreek. Die amigdala is die deel van die brein wat vir die berging van emosionele herinneringe verantwoordelik is. Die sterkte van die herinnering word deur die sterkte van die emosie wat daaraan gekoppel is, bepaal. Ons vergeet vinnig die oomblikke wat nie ‘n flits op ons emosionele radar maak nie. Sterk emosies, soos skaamte, neem egter sondige foto’s en plak dit op plakkate in ons binneste vas. Hulle word buite verhouding in die donkerkamer van die gees opgeblaas. Sukkel jy om te vergeet wat God vergewe het? Lees dan hierdie Skrifgedeeltes aandagtig en biddend: ‘Ek, ja, Ek alleen, is die Een wat julle sonde uitwis. Ek doen dit ter wille van Myself en dink nie weer daaraan nie’ (Jesaja 43:25 NLV). ‘Ek het jou sondes weggevee soos wolke verdwyn. Ek het jou oortredings verstrooi, jou sondes soos wolke wat verdwyn. Keer terug na My toe, want Ek het jou gered’ (Jesaja 44:22 NLV). ‘Ek sal My ontferm oor hulle ongeregtighede en Ek sal nooit weer aan hulle sondes dink nie’ (Hebreërs 8:12 NLV). God het jou sonde vergewe en vergeet - dis tyd dat jy met Hom saamstem en dieselfde doen.
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min