Woord vir Vandag - 20 April 2026

Loading player...
“…Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy liefde het geen einde nie… Dit is elke oggend nuut.” Klaagliedere 3:22-23 NLV
God vergewe en vergeet (3)
Die Hebreeuse woord vir nuut is hadas. Dit beteken dis anders. Dit beteken dat jy dit nog nooit vantevore ervaar het nie. Vandag se genade verskil van gister se genade, of die dag daarvoor, of ook die dag daarvoor! Net soos die seisoenale griepentstof van jaar tot jaar verander, verander God se genade van dag tot dag. Dis ‘n nuwe soort genade. Hoekom? Omdat jy nie op dieselfde wyse vandag gesondig het as wat jy gister gedoen het nie! Probeer hierdie klein oefening: Tel hoe oud jy is - nie in jare nie, maar in dae. Watter getal jy ook al kry, is nie net jou ouderdom in dae nie; dis ook die somtotaal van die verskillende soorte genade wat jy tot op hede in jou lewe ontvang het. Teen die tyd wat jy een-en-twintig is, het jy 7 665 unieke genadebewyse ervaar. Wanneer jy jou middeljare bereik, is dit ongeveer 14 600. Teen die tyd wat jy aftree, het God omtrent 23 725 keer genade aan jou bewys! Sy genade vir jou is maatpas en perfek vir jou sonde, jou tekortkominge, jou behoeftes en jou foute. Sy genade pas soos ‘n handskoen! Genade en barmhartigheid is nie dieselfde ding nie. Barmhartigheid is om nie dit te kry wat jy verdien nie, en genade is om dit te kry wat jy nie verdien nie. Die apostel Petrus praat van ‘…God se ryk en onverdiende goedheid…’ (1 Petrus 4:10 NLV). Soos sneeuvlokkies, kristalliseer God se genade nooit twee keer op dieselfde manier nie. Dis wat dit so wonderlik maak!
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min