Woord vir Vandag - 21 April 2026

Loading player...
“Wie is ‘n God soos U? U vergewe sonde…” Miga 7:18 NLV
God vergewe en vergeet (4)
God het ‘n merkwaardige geheue. Die Alwetende Een weet nie net alles nie; Hy onthou ook alles. Trouens, Hy onthou dit nog voordat dit gebeur het! Elke oomblik van jou lewe is in God se gedagtes bepaal nog voordat dit ‘n herinnering geword het - elke lag, elke droom en elke opoffering. Die Psalmdigter het geskryf: ‘U het my gesien voor ek gebore is. In u boek is alles opgeteken; elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was’ (Psalm 139:16 NLV). Daar is net een ding wat God kan en sal vergeet: sonde wat bely is. Dus, wanneer jy sonde bely wat jy reeds bely het, herinner jy God aan iets wat Hy reeds vergeet het (sien Jesaja 43:25). Die rede waarom ons dit weer ophaal, is dat alhoewel ons vergewe is, ons nie vergewe voel nie. Wat is dus die antwoord? Moenie jou gevoelens ‘n stem gee nie, anders sal hulle jou mislei. Staan in geloof en glo wat God in sy Woord sê. ‘Ek sal hulle rein maak van die sonde wat hulle teen My gedoen het. Hulle het verkeerd gedoen en was opstandig teenoor My, maar Ek sal hulle daarvoor vergewe’ (Jeremia 33:8 NLV). Die apostel Johannes het dit so gestel: ‘As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:9 NLV). Miskien het jy met verslawing gesukkel, of jou huwelik het in ‘n egskeiding geëindig, of jy is in die tronk vir ‘n misdaad wat jy gepleeg het. Wat staan jou te doen? Bekeer jou, bely jou sonde, ontvang God se genade en begin vry van skuldgevoelens en veroordeling leef.
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min