Woord vir Vandag - 21 April 2026
Loading player...
“Wie is ‘n God soos U? U vergewe sonde…” Miga 7:18 NLV
God vergewe en vergeet (4)
God het ‘n merkwaardige geheue. Die Alwetende Een weet nie net alles nie; Hy onthou ook alles. Trouens, Hy onthou dit nog voordat dit gebeur het! Elke oomblik van jou lewe is in God se gedagtes bepaal nog voordat dit ‘n herinnering geword het - elke lag, elke droom en elke opoffering. Die Psalmdigter het geskryf: ‘U het my gesien voor ek gebore is. In u boek is alles opgeteken; elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was’ (Psalm 139:16 NLV). Daar is net een ding wat God kan en sal vergeet: sonde wat bely is. Dus, wanneer jy sonde bely wat jy reeds bely het, herinner jy God aan iets wat Hy reeds vergeet het (sien Jesaja 43:25). Die rede waarom ons dit weer ophaal, is dat alhoewel ons vergewe is, ons nie vergewe voel nie. Wat is dus die antwoord? Moenie jou gevoelens ‘n stem gee nie, anders sal hulle jou mislei. Staan in geloof en glo wat God in sy Woord sê. ‘Ek sal hulle rein maak van die sonde wat hulle teen My gedoen het. Hulle het verkeerd gedoen en was opstandig teenoor My, maar Ek sal hulle daarvoor vergewe’ (Jeremia 33:8 NLV). Die apostel Johannes het dit so gestel: ‘As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:9 NLV). Miskien het jy met verslawing gesukkel, of jou huwelik het in ‘n egskeiding geëindig, of jy is in die tronk vir ‘n misdaad wat jy gepleeg het. Wat staan jou te doen? Bekeer jou, bely jou sonde, ontvang God se genade en begin vry van skuldgevoelens en veroordeling leef.