Woord vir Vandag - 22 April 2026

Loading player...
“…Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, moenie rus nie.” Jesaja 62:6 NLV
Gebed is jou skakel met God
Die remora-vis het ‘n ovaalvormige suigskyf bo-op sy kop wat hy gebruik om aan die onderkant van ‘n haai vas te suig. Sodra die remora aan die haai vas is, hoef hy nie oor kos, vervoer of veiligheid bekommerd te wees nie. Hy voed op die kos wat uit die haai se bek val. Natuurlik het hy die opsie om self te swem, maar wanneer hy besluit om aan die haai vas te suig, moet hy gaan waar die haai gaan. Hy probeer nie om in ‘n ander rigting as die haai te beur nie. Beskerming? Dis nie ‘n probleem vir iemand wat aan so ‘n kragtige wese verbind is nie. Die remora is veilig en weet die haai kan hom na plekke neem waarheen hy nooit alleen sou kon gaan nie. Klink dit nie na die verhouding wat God begeer sy kinders met Hom moet hê nie? Hy wil hê ons moet op die woorde wat uit sy mond kom, voed. Hy wil hê ons moet saam met Hom gaan waar Hy ons lei en nie op onafhanklike uitstappies met die hoop dat Hy sal saamgaan, gaan nie. Hy wil hê ons moet met die versekering leef dat Hy nie net ons lewe nie, maar ook ons verhoudings en alles anders in ons lewe, sal beskerm. Was ons maar soos die remora-vis! Dan sou ons daagliks deur gebed aan God verbind wees. Hy wag om ons na plekke te lei waarheen ons te bang is om alleen te gaan. Die profeet Jesaja het die Joodse leiers vermaan: ‘…Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, moenie rus nie.’ Die woord vir jou vandag is dus - gebed is jou skakel met God.
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min