Woord vir Vandag - 24 April 2026

Loading player...
“Onderwerp jou aan God, dan sal jy vrede hê en sal alles met jou goed gaan.” Job 22:21 NLV
Ervaar God se vrede
Binne sekondes was Vicky se lewe aan skerwe. As sweefkunstenaar het sy beheer verloor en kop eerste in die veiligheidsnet beland. Sy het haar nek tussen die vyfde en sesde nekwerwels gebreek en was verlam, ‘n kwadrupleeg. Drie jaar na die ongeluk het sy in diepe wanhoop en selfbejammering verval, vasbeslote om haar lewe te neem. Haar poging het misluk en sy het in ‘n psigiatriese hospitaal beland. Op die vierde herdenking van haar ongeluk het sy en haar man geskei en bitterheid het by haar ingetree. Eendag is ‘n assistant aangestel om Vicky te help en te versorg. Haar naam was Mae Lynne, ‘n ware Christen wat Vicky aan Jesus Christus en die Bybel bekendgestel het. Vicky het begin leer hoe om in haar geloof vas te staan en in gehoorsaamheid aan God te wandel. Daarbenewens het ‘n pastoor haar twee jaar lank getrou van God se Woord geleer. Vicky het toe ‘n bediening van bemoediging begin deur elke week briewe aan gevangenes en ander mense met gestremdhede, te skryf. Hoe meer vreugde sy vir hulle gebring het, hoe meer vreugde het sy self ervaar. Sy skerts: ‘Kwadrupleë is nie veronderstel om soveel vreugde te hê nie, nè?’ Vicky gebruik steeds ‘n rolstoel, word soms duiselig en het af en toe asemhalingsprobleme. Sy het egter ook ‘n diep innerlike vrede en krag as gevolg van haar verhouding met Jesus. Jy kan dit ook hê. Job het gesê: ‘Onderwerp jou aan God, dan sal jy vrede hê en sal alles met jou goed gaan. Luister na sy voorskrifte en bêre hulle in jou hart. As jy terugkeer na die Almagtige en jou lewe skoonmaak, sal jy herstel word’ (Job 22:21-23 NLV).
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min