Woord vir Vandag - 25 April 2026

Loading player...
“…Ek het hom laat kom. Hy sal suksesvol wees in wat hy moet doen.” Jesaja 48:15 NLV
Die uitdagings en belonings van leierskap
As leier moet jy verstaan waarmee jy goed is en weet waar jy hulp benodig. Jou sterk- en swakpunte maak jou nie verkeerd of reg nie; hulle maak jou net wie jy is. Min mense behaal op hul eie sukses. Dink aan ‘n akteur in ‘n toneelstuk. Hy is dalk die een wat in die kollig is; met perfekte hare, grimering en kostuum; wat aangrypende woorde voordra en al die applous kry. Hy het die toneelstuk egter nie alleen op die planke gebring nie. Hy moes op die kostuumontwerper vir die uitrusting wat hy dra, die haar- en grimeerkunstenaars wat hom foutloos laat lyk, die dramaturg wat die woorde geskryf het en die beligting- en klankspanne wat die verhoog voorberei, staatmaak. Goeie leiers is wys genoeg om hulself met mense wat sterkpunte het wat hulle s'n aanvul, te omring. Hulle is steeds in beheer, maar hulle het spanne wat hulle help om hul visie te bereik. Jy is ‘n leier in ‘n sekere area van jou lewe - huis, familie, werk, kerk - en jy weet dat leierskap uitdagings het. Alhoewel daar beslis baie voordele aan die pos verbonde is, moet ‘n leier ook konflik, kontroversie en teenstanders wat dink dat hulle beter weet, hanteer. Dit is deel van die posbeskrywing. Jy kan egter nie toelaat dat ander mense jou daarvan weerhou om jou doelwitte te bereik nie. Nie almal sal jou aanmoedig nie. Dis maar net ‘n feit van die lewe. As jy ‘n effektiewe leier wil wees, moet jy vashou aan jou visie, ‘n wonderlike span bou om jou te help en op God se belofte staan: ‘…Ek het [jou] laat kom. [Jy] sal suksesvol wees in wat [jy] moet doen.’
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min