Woord vir Vandag - 26 April 2026

Loading player...
“…sê nou een van julle raak die koers byster en iemand sou hom reghelp, wat dan?..” Jakobus 5:19 DB
Bly getrou aan die waarheid van God se Woord
Die Bybel sê: ‘Liewe Christene, sê nou een van julle raak die koers byster en iemand sou hom reghelp, wat dan? Wel, iemand wat so ‘n persoon weer op die regte pad help, help hom om nie sy lewe weg te gooi nie’ (vers 19 DB). Dit beteken dat ons ander mense moet help. Dit beteken ook dat ons nooit ons oortuigings eenkant toe moet skuif nie. As ons nie ‘n doelbewuste poging aanwend om naby die waarheid van God se Woord te bly nie, sal ons daarvan afdwaal. Ons leef immers in ‘n wêreld met baie afleidings. Vandag is baie mense op soek na antwoorde en aanvaarding en onderskat dus die belangrikheid van die waarheid soos dit in God se Woord geopenbaar word. Die apostel Paulus het aan sy opvolger Timoteus geskryf: ‘Jy moet getrou bly aan die dinge wat jy geleer het. Jy weet dit is waar, want jy weet jy kan dié vertrou wat jou geleer het’ (2 Timoteus 3:14 NLV). Hy het ook vir Timoteus aangemoedig: ‘Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, weerlê en bemoedig met gesonde onderrig. Want daar kom ‘n tyd wanneer mense nie meer na die regte onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg. Maar jy moet in elke situasie jou teenwoordigheid van gees behou. Moenie bang wees om vir die Here te ly nie... Voltooi die bediening wat God jou gegee het’ (2 Timoteus 4:2-5 NLV). Die woord vir jou vandag is dus - bly getrou aan die waarheid van God se Woord.
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min