Woord vir Vandag - 27 April 2026

Loading player...
“…’Ja, Here, u dienaar luister.’ Die Here sê vir Samuel…” 1 Samuel 3:10-11 NLV
Leer om na God te luister
As jy ernstig daaroor is om ‘n werklik interaktiewe verhouding met die Here, waarin julle met mekaar praat en van mekaar hoor, te hê, sal jy kwaliteit, ononderbroke tyd met Hom moet bestee om jou hart vir Hom oop te maak. Toe Samuel uiteindelik gebid het: ‘Ja, Here, u dienaar luister,’ sê die Bybel dat die Here vir Samuel geantwoord het. Dikwels is ons gebed eerder: ‘Luister, Here, want u dienaar spreek.’ Om na God te luister kan ‘n verskeidenheid praktyke behels: om sy Woord te lees, tyd alleen en in stilte in sy teenwoordigheid deur te bring en van God te hoor, net soos ‘n ervare vriend wat jy vertrou. Hier is ‘n voorbeeld daarvan: ‘Toe hulle buite die dorp kom, sê Samuel vir hom: ‘Gee die jong man opdrag om vooruit te loop, maar jy moet hier bly staan, want ek het ‘n boodskap van God vir jou’’ (1 Samuel 9:27 NLV). Een van die effektiefste maniere om van God te hoor, is deur oor sy Woord te mediteer. Jy sê: ‘Maar ek weet nie hoe om te mediteer nie.’ As jy weet hoe om jou te bekommer, weet jy hoe om te mediteer. In beide bekommernis en meditasie word jou gedagtes en fokus op ‘n sekere ding geplaas. Wanneer jy oor God se Woord mediteer, fokus jy jou gedagtes op die regte ding! God het vir Josua gesê: ‘Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees’ (Josua 1:8 NLV).
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min