Woord vir Vandag - 28 April 2026

Loading player...
“Woede kan wreed wees en toorn ‘n onstuitbare vloed, maar teen jaloesie is daar geen verweer nie.” Spreuke 27:4 NLV
Oorkom afguns
Afguns is ‘n wrok teenoor diegene wat iets besit wat jy wil hê. Jaloesie sê: ‘Ek is bang jy gaan neem wat ek het.’ Afguns sê: ‘Ek wil hê wat jy het en ek neem jou kwalik omdat jy dit het!’ Afguns is een van die mees versteekte emosies. Jy is meer geneig om ‘n onbeheerbare humeur, ‘n fobie of enige ander negatiewe emosie te erken, as om te erken dat jy afgunstig is. Afguns lei onvermydelik tot ‘n wrok en kritiek teenoor die persoon wat jy beny. Sodra jy toelaat dat afguns en wrokkigheid jou hart binnedring, begin dit emosionele kanker word. Uiteindelik sal dit op ‘n vernietigende manier manifesteer, soos om dwelms te neem wat jou bui verander, te veel te eet, oormatige inkopies te doen, woedeuitbarstings, om sarkasties te wees of ander mense fisies leed aan te doen. As jy afguns teenoor iemand koester, is dit tyd om dit te hanteer. Dawid het geskryf: ‘Maar U verwag waarheid uit die hart. Diep in my binneste maak U u wysheid bekend. Neem weg my sonde met hisop sodat ek skoon kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees’ (Psalm 51:8-9 NLV). As jy iets wat iemand anders het begeer, vra jouself af: ‘Is ek bereid om dieselfde prys te betaal as wat hulle betaal het om dit te verkry?’ Daar is ‘n gesegde: ‘Daar is nie so iets soos 'n gratis middagete nie.’ Alles - behalwe verlossing - het ‘n prys. Dus, of jy nou maer, ryk, geleerd of wat ook al wil wees, hou op om afgunstig op ander mense se sukses te wees en vra God om jou te help om te slaag in die opdrag wat Hy jou vir jou lewe gegee het.
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min