Woord vir Vandag - 29 April 2026

Loading player...
“…Ons kon onsself nie meer help nie. Ons kon net vertrou op God…” 2 Korintiërs 1:9 ABA
Vertrou op God, nie op jouself nie
‘n Groep mans het op ‘n sendingreis na Haïti gegaan waar hulle ‘n negentienjarige jongman ontmoet het wat Christus diep liefgehad het. Hulle het hom genooi om hulle in Amerika te besoek en vir sy reis betaal. Die jong Haïtiaan het gevoel asof hy in ‘n ander wêreld beland het. Hy het nog nooit tussen lakens geslaap, drie maaltye per dag gehad, binnenshuise loodgieterswerk gebruik of ‘n hamburger geproe nie. Toe dit tyd was om na Haïti terug te keer, het hulle hom oor sy indrukke en alles wat hy ervaar het, uitgevra. Hy het geantwoord: ‘Ek het my tyd hier saam met julle baie geniet. Maar ek is ook baie bly om huis toe te gaan. Julle het soveel luukshede in Amerika dat ek my greep op my daaglikse afhanklikheid van Christus begin verloor het.’ Paulus vertel van ‘n tyd van swaarkry in die provinsie Asië waarin hy begin moed verloor en oorweldig gevoel het (sien 2 Korintiërs 1:8). Hy skryf egter verder: ‘…Ons kon onsself nie meer help nie. Ons kon net vertrou op God…’ (vers 9 ABA). God wil jou ook op daardie plek bring. Ja, Hy wil hê jy dat jy die gawes en hulpbronne wat Hy voorsien het moet gebruik, maar sy begeerte is dat jy ten volle op Hom sal staatmaak. Slegs dan kan Hy alles voorsien wat Hy begeer om vir jou te gee, want dan sal jy ontvanklik, gereed en volwasse genoeg wees om dit te ontvang. ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. Moenie jouself oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is’ (Spreuke 3:5-7 NLV).
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min