Woord vir Vandag - 30 April 2026

Loading player...
“…’Here, hoeveel maal moet ek ‘n ander gelowige vergewe wanneer hy sonde doen teen my?..’” Matteus 18:21 ABA
Ten volle betaal
Daar is ‘n gesegde in bofbal wat lui: ‘Three strikes and you’re out!’ Ons is geneig om die lewe op dieselfde manier te speel. Ons gee mense twee of drie kanse, maar niks meer nie. God gee egter nooit moed op met ons nie. Dit is nie in sy aard nie. Toe Petrus vir Jesus gevra het hoeveel keer hy sy medegelowiges moes vergewe, het Jesus die goue standaard gestel. ‘…Ek sê vir jou: Jy moet hom nie net sewe maal vergewe nie, maar sewentig maal sewe maal’ (vers 22 ABA). Jesus vertel dan die gelykenis van ‘n koning wat sy dienaar se skuld van tienduisend talente kwytgeskeld het. Een talent het altesaam 180 maande se lone beloop - dis vyftien jaar se lone! En dis net vir een talent. ‘n Skuld van 10 000 talente sou dus altesaam 150 000 jaar se lone beloop. Met vandag se gemiddelde lewensverwagting sou dit sy dienaar 2 232 leeftye geneem het om die skuld af te betaal. Natuurlik was die gemiddelde lewensverwagting in die eerste eeu minder as die helfte van wat dit nou is, so dit sou twee keer soveel leeftye geneem het om die skuld af te betaal. Kom ons sit nou hierdie skuld in rande om. Deur ‘n minimumloon van R28.79 te gebruik, kan ons aanneem dat ‘n gemiddelde persoon Maandag tot Vrydag, van nege tot vyf werk. Dis n jaarlikse inkomste van R67 638.60. Dit lyk dalk nie na veel nie, maar as jy dit met 150,000 jaar vermenigvuldig, is dit altesaam R10,105,290,000 (drie kommas beteken miljarde). Die wonderlike waarheid is dat op grond van wat Christus aan die kruis bereik het, is jou sondeskuld - verlede, hede en toekoms - ten volle betaal. Dis ‘n waarheid waarin jy vertroue kan hê en waarop jy kan staan.
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min