Die DA vra gemeenskappe om die Departement van Water en Sanitasie se damregulasies teen te staan en sê dit bedreig inwoners wat langs damme woon se ekonomiese voortbestaan. Die regulasies stel strenger beheermaatreëls in rondom toegang tot staatsdamme en ander waterwerke. DA-woordvoerder Igor Scheurkogel sê indien die regulasies in werking…
Rugby: Die Stormers se afrigter, John Dobson, het kritiek op sy spelers as heeltemal ongegrond en neerdrukkend beskryf. Die span is hewig gekritiseer omdat hulle nie die bal wyd beweeg het teen 13 man nie, terwyl losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu ook gestriem is omdat hy nie 'n skepdoelkans benut het voor…
Die parlement het vanmiddag 'n spesiale sitting gehou ter ere van Swapo-parlementslid en voormalige Otjozondjupa-goewerneur James Uerikua. Hy is oor die Paasnaweek in 'n motorongeluk saam met sy 14-jarige seun oorlede. AR-parlementslid Ester Haikola-Sakaria het Uerikua geprys vir sy diep toewyding aan regering.
Die gesondheidsministerie se Vision April 2026 is in volle swang. Die BBP-vleuel in Windhoek Sentraal-hospitaal vir Psemas-lede het baie negatiewe reaksie ontlok. Die IPC se skadu-gesondheidminister, Lilani Brinkman, sê dit bring ongelykheid na 'n stelsel waar dit nie moet wees nie. Sy sê dit sal tyd vat om die uiteindelike…
Begunstigdes van die oumenspensioen sal 'n bietjie langer moet wag vir hul 100 Namibiese dollar verhoging om in werking te tree. Die aanpassing, van 1 600-dollar tot 1 700-dollar per maand wat in die 2026/27 nasionale begroting aangekondig is, sal eers geïmplementeer word sodra die Begrotingswet onderteken is. Die wetsontwerp…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.