
Beroep op SME’s om aan opname deel te neem
Loading player...
Survey Warehouse is besig met 'n opname oor die Namibiese kleinbesigheidslandskap. Volgens Survey Warehouse se stigter, Christie Keulder, weet wetgewers en Namibiërs te min van die druk wat kleinbesighede daagliks ondervind in terme van finansies, regulasies, vaardighede, mark toegang, en tegnologie aanneming. Die Konrad Adenauer-stigting is 'n vennoot saam met Survey Warehouse om die opname 'n realiteit te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Lizl Stoman van Survey Warehouse gepraat.

