
IMF waarsku oor wêreld resessie
Loading player...
Die Internasionale Monetêre Fonds het gewaarsku dat indien die VSA-Israel-oorlog met Iran voortduur, 'n wêreldwye resessie veroorsaak kan word. Die IMF se jongste Wêreldekonomiese Vooruitsig voorspel dat wêreldwye groei vanjaar tot 3,1-persent sal verlangsaam, en inflasie tot 4,4-persent sal styg. Die hoofekonoom van die IMF, Pierre-Olivier Gourinchas, sê in 'n ergste scenario, waar olie-, gas- en voedselpryse styg en hoog bly, kan wêreldwye groei tot onder twee persent daal:

