Savanna se slagregte vorder goed, veral met sertifisering

Loading player...
Savanna Beef se uitvoersertifisering na die Verenigde Koninkryk, Europese Unie en Europese Vryhandelsvereniging-markte was 'n belangrike mylpaal vir Namibië se beesvleisbedryf. Verslagting vir uitvoere het Maandag, 13 April begin, na die verhandeling van slagregte op die NSX-platform. Dit was nog 'n eerste in die land. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus ekonoom Romé Mostert gepraat, wat meer inligting gee.
15 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nanso en Nantu werk nou saam

Die nuut-ondertekende memorandum van verstandhouding tussen die Namibiese Nasionale Studente-organisasie en die Namibiese Nasionale Onderwysersunie, Nantu, is daarop gemik om samewerking op skoolvlak te verdiep. Nanso-president Dorthea Nangolo sê dit verseker dat Nantu-onderwysers studenteleiers oplei en lei, terwyl 'n gesamentlike navorsingseenheid gestig word om te verseker dat alle voorspraak beleidsgedrewe…
20 Aug 1AM 1 min

BKS: 82% van Wes-Kaapse kuddes ingeënt

Die Wes-Kaapse regering sê 82 persent van die provinsie veekudde is teen bek-en-klouseer ingeënt. Byna 480 000 entstofdosisse is aan kommersiële en bestaansveeboere in alle distrikte toegedien. Dit is gedoen om boere, werkgeleenthede, voedselsekerheid en die provinsie se landbou-ekonomie te beskerm. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan…
20 Aug 1AM 1 min

Alles op dreef vir MXoAN volgende naweek

Die Internasionale Federasie van Motorfietsry, FIM, se Motocross of African Nations vind op volgende naweek op die Gallina-baan net noord van die hoofstad plaas. Dit kom na Namibië verlede jaar in Zimbabwe toegewys is as vanjaar se gasheer. Nagenoeg 180-plus ryers van 10 lande neem deel. Namibië se eie motocross-veteraan…
20 Aug 12AM 1 min

Cran maan oor opdatering van verouderde stelsels

Die Namibiese Kuberveiligheid-voorvalreaksiespan doen 'n beroep op organisasies om verouderende digitale sekuriteitsgapings reg te stel. Cran se woordvoerder, Mufaro Nesongano, waarsku dat kuberkrakers toenemend 'n 20 jaar oue tegniek, bekend as "Structured Query Language Injection", gebruik om webwerwe te mislei om beskermde databasisse bloot te stel. Deur skadelike opdragte in…
20 Aug 12AM 1 min