
SA skep wetgewing teen besettings, vir uitsettings
Loading player...
Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die toename in onwettige besettings van grond en geboue in die land plaas ʼn aansienlike finansiële en administratiewe las op die regering en die privaat sektor. Die regering het die Wysigingswetsontwerp op Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onwettige Grondbesetting vir openbare kommentaar gepubliseer. Simelane sê die voorgestelde wysiging wil munisipaliteite, staatsinstellings en privaat grondeienaars bemagtig om onwettige besettings en uitsettings meer doeltreffend te hanteer:

