Meat Market in Mariental se verslagting loop oop

Loading player...
Na sy heropening in 2023 is Farmers Meat Market in Mariental tans in volle produksie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Ohlthaver & List Groep, Sven Thieme, gepraat wat sê die aanleg werk teen volle produksiekapasiteit van 280 000 skape. Dit is die enigste A-gegradeerde uitvoerfasiliteit vir skape in die land, met die kapasiteit om na die Europese Unie en Noorweë uit te voer.
17 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cran verwerp Starlink se lisensie-heroorweging versoek

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het amptelik Starlink Internet Services Namibia se versoek om heroorweging van sy lisensie-aansoek om in die land besigheid te doen, verwerp. Cran se uitvoerende hoof, Emilia Nghikembua, het vanmiddag gesê dat die versoek ingedien is nadat die wettige sperdatum verstryk het. Starlink het sy aansoek…
22 Jun 11AM 1 min

GOOD wil kandidate beveilig sien na sluipmoord

Die GOOD-party sê ʼn sluipmoord in Kaapstad wat met kieserregistrasie verbind word, is ʼn aanval op die stem-proses en elke inwoner se reg om vry en sonder vrees deel te neem. ʼn DA-wykskandidaat in die tussenverkiesing in Dunoon, Sinovuyo Dyokwe, is Saterdag vermoor. Jonathan Cupido van GOOD sê die Verkiesingskommissie,…
22 Jun 11AM 1 min

Jaarlikse hoenderskou bied iets vir almal

Die Namibiese Pluimveeklub nooi die publiek uit om hul jaarlikse Hoenderskou by die Windhoek Skougronde van 23 tot 28 Junie by te woon. Besoekers kan verwag om ongeveer 800 voëls van 'n wye verskeidenheid spesies en subspesies te sien, tesame met eiervertonings. Organiseerder Mariska Parreira vertel aan Kosmos 94.1 Nuus…
22 Jun 11AM 1 min

Jeugraad 'is deur Spyl en ander gekaap'

Reaksie word ontvang oor die Nasionale Jeugraad se algemene vergadering wat in gewelddadige chaos verval het. Minister Sanet Steenkamp het ingegryp en die verkiesings vir die uitvoerende voorsitter en raadsposisies stopgesit. Die groep eis nou 'n volledige, deursigtige ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat,…
22 Jun 10AM 1 min