Groep sê Stad Kaapstad lieg vir inwoners

Loading player...
Die Cape Independence Advocacy Group sê ná sy klagte aan die Advertensiereguleringsraad, het die Stad Kaapstad hul openbare verklaring oor laer tariewe wat sou volg, verwyder. Phil Craig van CIAG sê volgens die metro se eie syfers sou waardasies met gemiddeld 17,1-persent styg, terwyl die tariefkoers met 10,2-persent verminder is. Hy sê die metro het die vermindering beklemtoon sonder om die uitwerking van die gelyktydige verhoogde waardasies te verduidelik:
20 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump sê baie skepe beweeg deur Straat van Hormuz

Amerikaanse president Trump het aan verslaggewers buite die Withuis gesê dat die VSA baie skepe het wat deur die Straat van Hormuz beweeg, blykbaar met verwysing na berigte dat die Amerikaanse vloot gehelp het om olie veilig deur die seestraat te kry. Die New York Times het Woensdag berig sowat…
19 Aug 11PM 1 min

Adams eis parlement moet bewerings dat hy lieg terugtrek

Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy regspan het van die parlement geëis om bewerings terug te trek dat hy inligting oor sy problematiese skootrekenaar versin het. Voorsitter Mbuyiseli Madlanga het hom daaroor uitgevra. Adams het bevestig LP's kry drie toestelle, maar…
19 Aug 11PM 1 min

'KSUT-bestuur, studenteleiers moet praat' na vernietiging

Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, vra 'n dringende gesprek tussen die bestuur en raad van die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie en studenteleiers. Gister se brandstigtingsvoorval op die kampus in Bellville het 'n algehele sluiting veroorsaak en koshuise is ontruim. Dit volg op betogings oor voorgestelde…
19 Aug 11AM 1 min

LP wil meer bewustheid oor arbeidsregte sien

'n Lid van die Parlementêre Staande Komitee oor Armoede-uitwissing, Arbeid en Industriële Verhoudinge, Frederick Shitana, doen 'n beroep op landwye opvoedkundige veldtogte om swak werksomstandighede in die groothandel- en kleinhandelsektore aan te spreek. Shitana waarsku dat baie werkgewers en personeel net 'n basiese begrip van die Arbeidswet het, en dring…
19 Aug 11AM 1 min