
Alle oë op Hartebeesloop in Mei
Loading player...
Die grootste veiling op die land se landbou-kalender is op pad. Hartebeesloop gaan topvlak Bonsmara-genetika ten toon stel met 'n uitgesoekte groep bulle wat in Mei onder die hamer gaan. Die veiling vind plaas op Saterdag, 23 Mei vanaf half-twaalf die oggend by Hartebeesloop-plaas in die Stampriet-gebied en aanlyn via SwiftVee, wat kopers die kans bied om te belê in beeste wat gebou is vir generasies se opbrengste. Paul Klein, algemene bestuurder van Agra Veilings, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

