SOE se vermoë en magte moet uitgebrei word

Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare sê die Spesiale Ondersoekeenheid moet genoeg vermoë hê om die stryd teen korrupsie, wanadministrasie en onwettige verryking in die staatsektor te beveg. Die vakbondwoordvoerder, Claude Naicker, sê die ondersoekeenheid se werk het sistemiese korrupsie onthul wat dikwels ingewikkelde netwerke, senior amptenare en mense met politieke bande insluit. Hy sê die versterking van die ondersoekeenheid se vermoë sal die spoed en doeltreffendheid van ondersoeke na ernstige korrupsie, verbeter:
21 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Amnestie veroordeel 'predatore' op wêreldverhoog

Amnestie Internasionaal het sy 2025/26 jaarverslag bekend gestel. Die sekretaris-generaal, Agnès Callamard, gebruik die woord ‘predatore’ om Donald Trump, Benjamin Netanyahu en Vladimir Putin te beskryf. Hulle word omdat hulle die multilaterale stelsel wat na die Tweede Wêreldoorlog gestig is, verwerp. Amnestie voer aan dat hul optrede 'n "visie sonder…
21 Apr 4AM 1 min

Fitosanitêre stelsels moet by ontwikkelingsagenda ingesluit word

Sanitêre- en fitosanitêre stelsels, of SPS’e, staan sentraal in Namibië se handelsmededingendheid en ekonomiese veerkragtigheid, sê die voorsitter van die Nasionale Sanitêre en Fitosanitêre Komitee, Mesag Mulunga. Mulunga het tydens ‘n slypskool vir die tegniese komitees van dié liggaam gesê marktoegang, uitvoerdiversifisering en waardeketting-ontwikkeling is afhanklik van ’n geloofwaardige en…
21 Apr 4AM 1 min

Vertraging in toediening van BKS-spuite in Gauteng wek kommer

Die DA sê die stadige uitrol van bek-en-klouseer-entstowwe in Gauteng plaas vee in gevaar en skep onsekerheid vir boere. Volgens die party is slegs 133 000 van die meer as 284 000 beplande dosisse toegedien, terwyl rekenskap van 150 000 dosisse nog nie gelewer is nie, en meer as 240…
21 Apr 4AM 1 min

ANC verras deur nuwe burgemeesters voor verkiesing aan te stel

Die ANC sê hulle sal sommige burgemeesterskandidate aanstel voor die komende plaaslike regeringsverkiesing, in 'n stap wat afwyk van sy tradisionele benadering. Die nuwe proses is daarop gemik om bekwame en etiese leierskap te verseker, veral in metropolitaanse gebiede en sleutelmunisipaliteite. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die…
21 Apr 3AM 1 min