
Swapo se steun in die toekoms hang van huidige administrasie af
Loading player...
Swapo het sy 66ste bestaansjaar gevier te midde van interne oproepe vir stabiliteit en waarskuwings oor toenemende meningsverskille. Terwyl huidige amptelike herdenkingsboodskappe veerkragtigheid, eenheid en vooruitgang beklemtoon, het partyleiers gewaarsku dat sigbare verskille en 'n afname in verkiesingsteun ernstige bekommernisse is wat aangespreek moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat wat sê die oorlewing van Swapo hang nou af van hoe die huidige administrasie presteer.

