Woord vir Vandag - 1 Mei 2026

Loading player...
“…Maar ‘n mens wat sy tong in toom kan hou…” Jakobus 3:2 NLV
‘n Tong wat deur die Gees beheer word (1)
Die Bybel sê: ‘Ons maak almal baie foute. Maar ‘n mens wat sy tong in toom kan jou, kan dit ook met sy hele liggaam regkry. Net met ‘n stang in sy bek kan ons ‘n hele perd draai en laat koers kry waarheen ons wil’ (verse 2-3 NLV). As jy al ooit ‘n perd opgesaal het, weet jy dat die toom wat oor die perd se kop gepas word, ‘n stang het wat in sy bek gaan en bo-op sy tong lê. Wanneer die ruiter wil hê die perd moet stop, trek hy die teuels terug en die stang druk die perd se tong af. Die ruiter wat die perd se tong beheer, kan eintlik die perd se hele liggaam beheer - hom na regs of links stuur en dit tot stilstand, met ‘n eenvoudige trek aan die teuels, bring. Net so moet jou tong onder die beheer van die Heilige Gees wees. Hoe hard jy ook al probeer, jy kan nie jou tong deur jou eie inspanning beheer nie. Het jy al dinge gesê wat jy wens jy kon terugneem? Het jy al probleme vir jouself en ander veroorsaak deur die dinge wat jy gesê het? Het jy al dinge gesê wat jy, as jy daarop terugkyk, nie kan glo dat dit uit jou mond gekom het nie? Die probleem is dat wat jy sê nie in jou mond ontstaan nie, maar in jou hart: ‘…Waar die hart van vol is, loop die mond van oor’ (Matteus 12:34 NLV). Jy moet dus met die Gees vervul wees en ‘n hart hê wat daartoe verbind is om God se wil in elke omstandigheid te doen, om ‘n tong te hê wat deur die Gees beheer word.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min