Woord vir Vandag - 2 Mei 2026

Loading player...
“Die tong is ook ‘n vuur…” Jakobus 3:6 NLV
‘n Tong wat deur die Gees beheer word (2)
Die Bybel sê: ‘…’n Klein vuurtjie kan ‘n groot bos aan die brand steek. Die tong is ook ‘n vuur…’ (verse 5-6 NLV). Mense wat in ‘n warm klimaat woon, ken die gevaar van verwoestende bosbrande wat deur woestynwinde aangedryf word. ‘n Enkele vonk van ‘n vuurhoutjie het al baie verwoestende brande begin. Hierdie soort vuur versprei vinniger en verder as wat ons ooit kan dink, vernietig huise en besighede ter waarde van miljoene rande en laat ‘n verskroeide landskap en verwoeste lewens agter. Hoeveel reputasies is al deur so ‘n sorgelose woord verwoes? Die impak van ons woorde versprei wyd en vinnig, veral in hierdie digitale era waarin ons leef. ‘n Woord wat getwiet word, kan binne sekondes oor die hele wêreld hertwiet word. Soos ‘n vuur, kan daardie woord buite beheer raak en onherstelbare skade aanrig. Daarom het Jakobus geskryf: ‘…geen mens kan die tong tem nie’ (vers 8 NLV). God kan dit egter doen. ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg… selfbeheersing…’ (Galasiërs 5:22-23 NLV). Die Heilige Gees kan ‘n tong wat skinderstories versprei in een wat God verheerlik, verander. Hy kan ‘n tong wat bitterheid spoeg neem en dit in een wat seën spreek, verander. Om te skinder is om iets agter iemand se rug te sê wat jy nooit in daardie persoon se gesig sou sê nie. Om te vlei is om iets in iemand se gesig te sê wat jy nooit agter daardie persoon se rug sou sê nie. Albei is egter verkeerd. Laat ons dus saam met die Psalmdigter bid: ‘Mag die woorde van my mond… vir U aanneemlik wees…’ (Psalm 19:15 NLV).
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min