Woord vir Vandag - 4 Mei 2026

Loading player...
“Gee my tog die vermoë om met verstandigheid en regverdigheid oor u volk te regeer…” 1 Konings 3:9 NLV
Vertrouelinge, ondersteuners, kamerade
Byna alle sleutelverhoudings in jou lewe kan in drie kategorieë verdeel word: vertrouelinge, ondersteuners en kamerade. Kom ons kyk na elkeen. 1) Vertrouelinge. Dit is die mense wie se verhoudings met jou lewenslank duur. Hulle is onvoorwaardelik lief vir jou, staan by jou en staan agter jou, in goeie en slegte tye. Jou beste belang is hul nommer een prioriteit. Hulle probeer nooit om wat hulle van jou weet vir hul eie gewin te gebruik, of jou geheime in jou gesig terug te gooi nie. Paulus het aangaande Timoteus gesê: ‘Timoteus is immers die enigste persoon wat met dieselfde opregte gesindheid as ek aandag sal gee aan julle belange. Al die ander soek net hulle eie belang en nie dit wat vir Jesus Christus saak maak nie. Julle weet egter hoe Timoteus homself bewys het…’ (Filippense 2:20-22 NLV). 2) Ondersteuners. Hierdie mense deel dieselfde doelwitte, waardes en beginsels as jy, maar hulle is nie altyd daar vir jou nie. Dis egter belangrik om ondersteuners in jou lewe te hê. Hulle dra energie, passie en entoesiasme by. Jy kan saam met hulle werk om gemeenskaplike doelwitte te bereik en brûe te bou. Maak net seker dat jy nie verwag dat ondersteuners dieselfde lojaliteit as vertrouelinge sal hê nie. Hulle is vir ‘n rede en ‘n seisoen by jou betrokke en dan beweeg hulle aan. 3) Kamerade. Dit is die mense wat as gevolg van ‘n gemeenskaplike saak tot jou aangetrokke is. Hulle leer jou dalk nie ken nie, of hou dalk nie van jou nie, maar op die slagveld sluit hulle by jou aan om ‘n gemeenskaplike vyand te verslaan. Sodra die geveg verby is, eindig die verhouding of dit koel ten minste af. Jou enigste band is jou gemeenskaplike vyand. Leer dus die mense wat in jou lewe is ken: vertrouelinge, ondersteuners en kamerade.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min