Woord vir Vandag - 5 Mei 2026

Loading player...
“Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby…” 2 Korintiërs 4:17 AFR83
Dit gaan verby – dis nie vir ewig nie
Maak nie saak watter beproewing jy vandag deurmaak nie, herinner jouself: ‘Dit gaan verby – dis nie vir ewig nie.’ As die vervulling van die visioen wat God jou gegee het, langer neem as wat jy gedink het, herinner jouself: ‘Dit gaan nog gebeur!’ In sy biografie, God in My Corner, vertel die tweemalige wêreldswaargewigkampioen George Foreman ‘n verhaal van ‘n bejaarde vrou wat oor haar gunsteling Bybelvers uitgevra is. Sy het geantwoord: ‘Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby…’ Sy het verduidelik hoekom: ‘Ek weet dat wanneer ek deur ‘n beproewing gaan, dit nie daar is om te bly nie; dit kom – en dit gaan weer verby.’ Die ander kant van hierdie muntstuk is as volg: ‘Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom’ (Filippense 1:6 NLV). Met ander woorde, Hy sal die slegte tye laat verbygaan en dit in vreugde laat eindig! God voltooi altyd wat Hy begin. ‘Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word…’ (Habakuk 2:3 NLV). Terwyl hy teen ‘n lewensgevaarlike siekte gestry het en sy vyande sy troon wou oorneem, het Dawid hom tot die Here vir hulp gewend. God het hom nie teleurgestel nie. Lees hierdie twee Skrifgedeeltes en staan daarop: ‘…In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde’ (Psalm 30:6 NLV). ‘U het my droefheid verander in ‘n dans van vreugde. U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee. Daarom sal ek sing tot u eer en nie swyg nie. Here my God, ek sal U dank vir altyd’ (Psalm 30:12-13 NLV).
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min