Woord vir Vandag - 6 Mei 2026

Loading player...
“Gee vir my asseblief die heuwelgebied waarvan die Here daardie dag gepraat het… Josua het hom geseën. Hy het vir Kaleb… Hebron gegee.” Josua 14:12-13 NLV
Lewe vir ‘n saak groter as jouself
Toe Moses vir Kaleb gestuur het om die Beloofde Land te gaan verken, het Kaleb iets gesien wat hom gepla het: die dorp Hebron. Abraham het sy vrou daar begrawe en hy is self daar begrawe. So ook Isak en Jakob. Hebron was ‘n heilige plek. Nou het hulle vyande dit egter bewoon. Dit was meer as wat hy kon verduur, dus het hy Hebron vir Moses gevra. Hy het nie gevra vir Jerusalem, geleë op die berg Moria; of die Eskol-vallei, waar druiwe so groot soos pruime gegroei het; of Jerigo, waar die Jordaanrivier gevloei het nie. Hy wou Hebron hê, wat se grond deur engele besoek is en in wie se aarde die heiligste familie begrawe was. ‘Josua het hom geseën. Hy het vir Kaleb… Hebron gegee.’ Kaleb wou iets groots vir God doen. Hy het volgens ‘n hoër roeping geleef. Miskien is die rede hoekom jou probleme so groot voel, dat jou roeping te klein is. Max Lucado vertel van ‘n doktervriend wat gereeld mediese reise na afgeleë klinieke onderneem het om die plaaslike minderbevoorregtes te behandel. Hy was ‘n afgetrede chirurg met ‘n ruim inkomste. Hy kon elke dag van sy lewe in gemak en luuksheid deurbring. Hy het egter daarop gefokus om hierdie afgeleë gesondheidsklinieke vir sy eie beswil te ondersteun: ‘Ek het ‘n saak nodig wat groter is as laat slaap, televisie kyk en blokraaie invul,’ het hy gesê. ‘As ek op my eie gemak fokus, kan niks my tevrede stel nie. Wanneer ek egter op God se belange fokus, is ek ‘n gelukkige man.’ Het jy ‘n heilige saak om voor te leef? ‘n Geloof in iets om te koester? ‘n Sendingsreis om voor te leef? Vra God om jou ‘n ‘Hebron’ te gee om tot sy eer op te eis.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min