Woord vir Vandag - 7 Mei 2026

Loading player...
“...Die aanklaer van ons medegelowiges is neergewerp…” Openbaring 12:10 NLV
Vry van skuld en oordeel
Satan word ‘die aanklaer van ons medegelowiges’ genoem omdat hy probeer om ons aan alles wat ons verkeerd gedoen het, te herinner. Hoekom? Sodat al ons emosionele energie aan die verlede bestee word en ons niks oor het om groot drome mee te droom of ons Godgegewe lewensopdrag mee te vervul nie. Die ironie van sy beskuldigings is die volgende: Hy laat ons onbelyde sondes met rus. Hoekom slapende honde wakker maak? Hy wil jou nie aan jou onbelyde sonde herinner nie. Hy herinner jou aan sondes wat jy reeds bely het - sondes wat reeds vergewe is. Daarom is dit valse beskuldigings; die sondes is reeds vrygespreek. Ons moet egter ‘n kritiese onderskeid tref. Veroordeling is om skuldig oor belyde sonde te voel, terwyl oortuiging nodig is om oor onbelyde sonde skuldig te voel. Oortuiging is die manier waarop ons die saak met God regmaak en met ons lewe aangaan. Leer dus om op die oortuigende stem van die Heilige Gees te fokus en die veroordelende stem van die vyand te ignoreer. Die Bybel sê: ‘As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:9 NLV). As ons onskuldig pleit en nie ons sondes bely nie, is ons skuldig aan dit waarvan ons aangekla word. As ons egter oor ons sondes skuldig pleit, word ons onskuldig bevind en God bewaar en beskerm ons. Ons rekord van sonde word heeltemal uitgewis. Jy kan ook nie twee keer vir dieselfde sonde verhoor word nie. Sodra jy dit bely het, word jou sonde eens en vir altyd vergewe. Die sondelose Seun van God het die skuld geneem, die houe verduur en die val namens jou gedra (sien 1 Johannes 3:5).
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min