Woord vir Vandag - 8 Mei 2026

Loading player...
“Maar hulle het Hom nie herken nie.” Lukas 24:16 DB
God is vandag by jou
Wanneer jy ‘n krisis in die gesig staar, is dit maklik om perspektief te verloor. Dit het met twee van Christus se dissipels op die Emmauspad gebeur. Ontmoedig oor sy dood, was hulle ‘…ernstig aan die gesels oor die gebeure van die afgelope naweek. Terwyl hulle met swaar harte geloop en praat het, het Jesus by hulle aangesluit en saam met hulle verder gestap. Maar hulle het Hom nie herken nie’ (verse 14-16 DB). Wanneer jy jou oë van Jesus afhaal, begin jy hulpeloos oor jou situasie voel. Dr Michael Youssef sê: ‘Wanneer ek ‘n groot krisis in die gesig staar, is ek geneig om die soort persoon te wees wat se visie vaag word. My persepsies word verdraai. My argumente word eensydig. Ek sluit dikwels die einste mense wat my van die probleem kan verlos uit, net soos daardie twee dissipels gedoen het. Hul visie oor die persoon wat saam met hulle geloop en met hulle gepraat het, was vaag. Die een wie se dood hulle betreur het, was lewend, maar hulle het dit nie besef nie, want hulle het op die verkeerde dinge gefokus.’ Alles het egter verander die oomblik toe hulle Jesus herken het. ‘Hulle het daar en dan opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan… Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het deur die breking van die brood’ (verse 33-35 NLV). In ‘n oomblik het hulle vrees in moed, hulle pyn in vreugde en hulle wanhoop in hoop verander. Paulus het geskryf: ‘Ek bid verder dat God julle geestelike oë sal oopmaak…’ (Efesiërs 1:18 DB). Wanneer jy ophou om op die probleem te fokus en jou oë op Jesus vestig, kry jy 20/20-visie en word jy met hoop vervul.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min