Woord vir Vandag - 9 Mei 2026

Loading player...
“Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik…” Romeine 12:6 NLV
Doen net jou deel
Wanneer jy bekende musikante bestudeer, sal jy dikwels vind dat hulle hul kuns aangeleer het deur in ‘n orkes te speel. Dit is omdat sekere vaardighede - om te leer om met ander instrumente saam te smelt, tempo te handhaaf, om harder of sagter te speel, die dirigent se leiding te volg - slegs aangeleer kan word deur saam met ander mense te speel. Wat waar is van ‘n orkes, is selfs meer waar van ‘n gemeenskap van gelowiges. Jesus het dit geïllustreer in sy bekende gelykenis van die talente (sien Matteus 25:14-30). Aan een man is vyf talente gegee en het uiteindelik tien gekry. Aan ‘n ander man is twee talente gegee en het uiteindelik vier gekry. Aan ‘n derde man is een talent gegee, wat hy gaan begrawe het. In ‘n sekere sin het Jesus oor mense wat hulle deel doen en hoe belangrik dit vir God se koninkryk is, gepraat. Nie almal speel dieselfde instrument nie en nie almal vertolk dieselfde rolle nie. Sommige instrumente is harder as ander en sommige rolle is groter as ander. Dit is nie hoeveel jy het wat vir Jesus saak maak nie; maar wat jy met dit wat jy het, doen. Daar is geen onbeduidende gawes in God se koninkryk nie. Ons gawes mag dalk in grootte verskil, maar kom almal van dieselfde bron af. Al wat Christus wil hê jy moet doen, is om jou deel te doen. Hy verwag nie dieselfde resultate nie, maar Hy verwag wel dieselfde inspanning. Hy vergelyk jou nooit met iemand anders nie. Hy vergelyk jou net met jouself. Hy kyk nie na wat jy het nie; Hy kyk na wat jy doen met dit wat jy het. Doen dus net jou deel.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min