Woord vir Vandag - 12 Mei 2026

Loading player...
“…die Here God [maak] ‘n vrou en bring haar na die mens toe.” Genesis 2:22 NLV
Wanneer jy na geselskap verlang
God het ons behoefte na geselskap erken toe Hy gesê het: ‘…Dis nie goed dat die mens alleen is nie… die Here God [maak] ‘n vrou en bring haar na die mens toe’ (verse 18, 22 NLV). Die meeste van ons is sosiale wesens wat op ons beste funksioneer wanneer ons in ander mense se geselskap is. Ons kry energie en ondersteuning van hulle. Daar is egter mense wat skaam voel om te erken dat hulle eensaam is. Hulle smag na mense om hul lewens mee te deel, maar voel dat hulle moet voorgee dat hulle niemand nodig het nie. Jy moet nie skaam voel omdat jy liefde en sosiale konneksie wil hê nie. Dit verg moed om jou begeerte na geselskap te erken en ‘n stap te neem om betrokke by mense te raak. Probleme begin egter ontstaan wanneer jou behoefte aan geselskap jou begin beheer. Wanneer jy jou waardes in gevaar stel om aanvaar te word, is die gevolg altyd negatief. Om aan ander mense vas te klou sonder om te verstaan wie hulle is of wat hulle verteenwoordig, is ongesond. Wyse besluite oor verhoudings moet nooit met ‘n gemoed wat deur vrees vir eensaamheid of desperaatheid beheer word, geneem word nie. As dit is waar jy jouself vandag bevind, is dit beter om eerder vir nou enkellopend te wees. Dit hoef net tydelik te wees. Doen dus hierdie drie dinge: 1) Vra God om jou te lei: ‘God gee aan die eensame ‘n tuiste…’ (Psalm 68:7 NLV). 2) Leef volgens die waardes wat jy wil hê jou geliefde ook moet hê. 3) Moenie toelaat dat jou onvervulde behoeftes jou soeke na geselskap lei nie, maar eerder deur dit wat jy het om te gee en met ander te deel.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min