Woord vir Vandag - 15 Mei 2026

Loading player...
“Want soos hy in sy siel bereken, so is hy…” Spreuke 23:7 AFR53
Leef asof jy dit glo! (1)
‘n Halfeeu gelede is ‘n fassinerende eksperiment uitgevoer. Drie mans het hul krag op ‘n masjien getoets, met ‘n gemiddelde meting van 101 pond druk. Toe is die deelnemers gehipnotiseer en die navorser het vir hulle gesê: ‘Julle kan nie groot druk uitoefen nie, want julle is swak.’ Onder die krag van suggestie het hul gemiddelde krag tot 29 pond druk gedaal. Toe sê die navorser: ‘Nou het julle krag weer baie toegeneem.’ Hul gemiddelde krag het tot 145 pond druk toegeneem. Hul krag is vyfvoudig verhoog toe hulle gesê het: ‘Ek kan,’ teenoor toe hulle gesê het: ‘Ek kan nie.’ Dit help om aan die Skrif as ‘n padkaart te dink. Die werklikheid van jou omstandighede laat jou dikwels voel asof jy van die pad afwyk, maar dan moet jy vir leiding in God se Woord soek. Jy moet leef asof jy is wie God sê jy is, jy het wat God sê jy het en jy kan doen wat God sê jy kan doen. As jy die vyand se leuens glo, is jy diep in die moeilikheid. As jy egter God se Woord glo, sal dit jou uit die moeilikheid red en hou. Wanneer jy eensaam is, moenie sy belofte vergeet nie: ‘…Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie’ (Hebreërs 13:5 NLV). Wanneer jy voel asof jy koers verloor het, onthou sy woorde: ‘’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming’ (Spreuke 16:9 NLV). Wanneer jy teen siekte worstel, kan jy op sy belofte staan: ‘’Ek sal jou gesond maak en jou wonde genees,’ sê die Here…’ (Jeremia 30:17 NLV). Die woord vir jou vandag is - leef asof jy dit glo!
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min