Woord vir Vandag - 16 Mei 2026

Loading player...
“Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie…” Romeine 4:20 NLV
Leef asof jy dit glo! (2)
Die Aartsbiskop van Canterbury het ‘n akteur genaamd mnr. Butterton geken. Eendag het hy vir Butterton gevra: ‘Hoe kry julle akteurs op die verhoog dit reg om julle gehore te beïnvloed deur van denkbeeldige dinge te praat asof dit werklik is, terwyl ons in die kerk van werklike dinge praat, wat ons gemeentes aanhoor asof dit denkbeeldig is?’ Butterton het geantwoord: ‘Want ons akteurs op die verhoog praat van denkbeeldige dinge asof dit waarlik werklik is en julle op die kansel praat van werklike dinge asof dit maar denkbeeldig is.’ Die wêreld het Christene nodig wat praat asof hulle glo dat dit wat God in sy Woord sê, waar is en wat daarvolgens leef. Toe Abraham tagtig jaar oud was, het God hom belowe dat hy ‘n seun sou verwek. Twintig jaar later het dit nog nie gebeur nie, maar Abraham het ferm op God se Woord gestaan: ‘Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy die eer aan God gegee. Hy was absoluut daarvan oortuig dat God enigiets kon doen wat Hy beloof het’ (verse 20-21 NLV). William James het gesê: ‘As jy ‘n sekere karaktereienskap wil hê, moet jy optree asof jy dit reeds het.’ Hy het ook gesê: ‘Tree op asof dit wat jy doen ‘n verskil maak. Dit doen.’ Sint Augustinus het gesê: ‘God het elkeen van ons lief asof daar net een van ons is.’ As jy die waarheid hiervan ten volle begryp, sal dit jou van vrees bevry, want dit is wat God se perfekte liefde doen (sien 1 Johannes 4:18). God kan jou nie meer of minder liefhê nie, want Hy het jou reeds onvoorwaardelik en ewig lief. Jou werk is om soos sy geliefde te leef.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min