Woord vir Vandag - 18 Mei 2026

Loading player...
“My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees… Die Here jou God is saam met jou…” Josua 1:9 NLV
Die grootste mislukking is om nie te probeer nie
Dit is onmoontlik om suksesvol te leef sonder om risiko's te neem. Leo Buscaglia het geskryf: ‘Om te lag is om die risiko te loop om dwaas voor te kom. Om te huil is om die risiko te loop om sentimenteel voor te kom. Om lief te hê is om die risiko te loop om nie liefde terug te ontvang nie. Om te lewe is om die risiko te loop om te sterf. Om te hoop is om die risiko te loop om wanhoop te ervaar en om te probeer is om die risiko te neem om te misluk. Risiko's moet egter geneem word, want die grootste gevaar in die lewe is om niks te waag nie. Slegs die persoon wat waag, is werklik vry.’ Franklin Roosevelt het ‘n groot deel van sy lewe teen siekte geveg en was aan ‘n rolstoel gekluister. Hy het gesê: ‘Dit is gesonde verstand om ‘n manier te kry en dit uit te probeer. As dit misluk, erken dit openlik en probeer ‘n ander manier. Maar bowenal, probeer net.’ In sy boek, The Pursuit of Excellence, gee Ted W. Engstrom hierdie raad oor die belangrikheid om te probeer: ‘Vanaf vandag kan jy begin om jou gawes te geniet, te gebruik en te ontwikkel. As jy nog altyd wou skryf, skryf dan iets – ‘n kort artikel, ‘n gedig, ‘n verslag van jou vakansie. Skryf dit asof dit gepubliseer gaan word. As jy ‘n fotograaf is, maak jou beste foto’s bymekaar en skryf vir ‘n kompetisie in. As jy dink dat jy ’n goeie tennisspeler is, neem dan aan ‘n paar toernooie deel en kyk hoe jy vaar. Jy wen dalk nie die prys nie, maar dink net hoeveel jy sal leer en ervaar deur net te probeer. Die grootste mislukking is om nie te probeer nie!’
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min