Woord vir Vandag - 19 Mei 2026

Loading player...
“Hy het twee leë skuite aan die waterkant gesien waar vissermanne dit gelos het om hulle nette te was.” Lukas 5:2 NLV
Was jy jou nette?
Waarom sou vissermanne hulle nette, wat nie gebruik is nie, was? Hulle het tou opgegooi omdat hulle oornag niks daarmee uitgerig het nie. ‘…Ons het die hele nag hard gewerk en het niks gevang nie…’ (vers 5 NLV). Hulle was verslae! Jesus het egter toe opgedaag. Hy het gekom tot waar hulle was; Hy het reg in die middel van hul teleurstelling met ‘n oplossing ingestap. Eers het Hy vir hulle gevra om hulle boot te gebruik om vir die skare te preek en die menigtes te genees. Kind van God, gee alles aan Hom oor - alles wat jy het, alles wat jy is en alles wat jy ooit sal wees - en laat Hom toe om jou vir sy hoogste doeleindes te gebruik. Daarna het Hy vir hulle ‘n woord gegee wat slegs deur geloof ontvang kon word: ‘…Vaar nou dieper in en gooi jou nette uit, en jy sal baie vis vang’ (Lukas 5:4 NLV). Verstaan jy nou hoekom Hy wag tot jy alles gedoen het waaraan jy kan dink? Slegs dan is jy gereed om te luister. Al lyk dit of sy Woord nie sin maak nie, is jy dan gereed om dit sonder vrae te gehoorsaam. Is jy vandag mismoedig? Is dit jou bediening, jou huwelik, jou werk of jou gesondheid wat jou moedeloos maak? Jy is dalk besig om jou nette te was, maar dis nie verby nie. Wie het vir jou gesê God gaan jou nie weer seën nie? Wie het vir jou gesê Hy gaan nie oorwinning uit jou wanhoop voortbring nie? Dis nie verby totdat Hy sê dis verby nie. As Hy die leë nette van daardie mismoedige dissipels kon vul, dan is daar nie ‘n probleem van jou wat Hy nie kan oplos nie.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min