Woord vir Vandag - 20 Mei 2026

Loading player...
“…alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou.” Markus 11:24 NLV
‘Oornagsukses’ neem gewoonlik baie jare
Die country-musiekster Randy Travis en sy bestuurder, Lib, onthou die maer dae van sy loopbaan - al 3 650 van hulle. Vir tien jaar lank het Lib alles moontlik gedoen om haar klub lank genoeg oop te hou sodat iemand Travis se talent kon ontdek. Randy het sy hart uitgesing. Wanneer hy nie besig was om te sing nie, het hy kos vir die klante gemaak en skottelgoed in die kombuis gewas. Toe gebeur dit. Sy deurbraak het gekom en skielik het alles begin sin maak. Hy het ‘n treffer genaamd ‘On the Other Hand’ gehad en ‘n album kontrak, ‘n toer aanbod en ‘n fliekkontrak losgeslaan. Hy was witwarm! Skielik het almal hom ‘n oornagsukses genoem. Randy onthou dit egter anders: ‘Ons is meer as een keer deur elke platemaatskappy in Nashville afgekeur. Ek is egter die soort persoon wat glo dat as jy lank genoeg aan iets werk en aanhou glo, dit vroeër of later sal gebeur.’ Randy Travis het ‘n Amerikaanse musieklegende geword, drie Grammies en sewe Dove-toekennings gewen en is in die Country Music Hall of Fame opgeneem. Dit het egter nie maklik gekom of oornag gebeur nie. Dit het gebeur omdat hy hard gewerk het, getrou deur die moeilike tye gebly het en God vir sy sukses vertrou het. Jesus het gesê: ‘…alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou.’ Jy moet egter die volgende in gedagte hou: Dit sal op God se tyd en volgens sy skedule gebeur. Jou taak is om deur geloof te bly wandel en Hom te vertrou om dit te laat gebeur.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min