Woord vir Vandag - 23 Mei 2026

Loading player...
“weet dan dat hy wat ‘n sondaar op sy dwaalweg laat terugdraai, hom uit die dood red…” Jakobus 5:20 NLV
Hy is die God van nuwe begin
Ons God is die God van nuwe begin! Die Bybel sê: ‘weet dan dat hy wat ‘n sondaar op sy dwaalweg laat terugdraai, hom uit die dood red en maak dat ‘n klomp sondes bedek word.’ Dit is nooit te laat vir ‘n nuwe begin nie. Wat egter nog merkwaardiger is, is dat God mense soos ons gebruik om ander te help om ‘n nuwe begin te vind. Die Bybel bevat baie verhale van mense wat ‘n tweede kans gekry het en deur God se genade hierdie kans goed benut het. Soos Petrus, wat Jesus verloën het, maar ‘n leier in die Nuwe Testamentiese kerk geword het. Of Dawid, wat egbreuk en moord gepleeg het, maar psalms geskryf het wat vandag nog wêreldwyd aangehaal word. Wat van Jona? Hy het ‘n tweede kans gekry! ‘Die Here het ‘n tweede keer met Jona gepraat’ (Jona 3:1 NLV). Sonde kan harte, huise, planne en mense verwoes. Die goeie nuus van die evangelie is egter dat sonde God nooit kan keer om ons lief te hê of na ons uit te reik nie. Ons moet ook nooit ophou om ander mense lief te hê en na hulle uit te reik nie. ‘…wanneer iemand iets doen wat verkeerd is, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp…’ (Galasiërs 6:1 NLV). Die Griekse woord vir vernuwe is ‘n mediese term wat beteken ‘om ‘n gebreekte been te genees.’ Wanneer ‘n dokter ‘n gebreekte been behandel, herstel hy die breuk en sit ‘n gipsverband aan wat vir ongeveer ses weke moet aanbly. Gedurende daardie tyd doen God die werklike genesing. Jou werk is om gebroke mense te vind wat ‘n tweede kans benodig en hulle help om te genees.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min