Woord vir Vandag - 24 Mei 2026

Loading player...
“want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.” Filippense 2:13 AFR53
God werk in jou
God werk in jou. Waaraan werk Hy? Jou wil. Wat wil Hy hê moet jy doen? Om na sy welbehae te werk. Hoe doen Hy dit? Deur jou gedagtes: ‘Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees’ (Filippense 2:5 NLV). God kan hoorbaar deur omstandighede of deur ‘n ander persoon met jou praat. Omdat God egter vir jou sy gedagtes kan gee of jou gedagtes kan lei, is jou gedagtes die vergaderkamer waar Hy meestal met jou sal kommunikeer. Daarom sal Satan probeer om bose idees in jou gedagtes te plaas. As hy nie daarin slaag nie, sal hy probeer om jou gedagtes met vrees en bekommernis te vul. As dit ook nie werk nie, sal hy tevrede daarmee wees om jou ure lank na ‘waardelose dinge’ op televisie of die internet te laat kyk. Die Psalmdigter het gebid: ‘Weerhou my van waardelose dinge…’ (Psalm 119:37 NLV). Om van God te kan hoor en te verstaan wat Hy vir jou sê, moet jy jou gedagtes ‘n beskermde omgewing maak. Jou begeerte om van God te hoor moet voorrang bo elke ander begeerte wat jy het, geniet. Die sosiale hervormer Dorothy Day, wat baie werk namens die armes in die twintigste eeu gedoen het, het gepraat van wat sy haar ‘nosies’ genoem het - idees wat die onmiskenbare stempel van God se outeurskap in haar gedagtes gehad het. George Fox en die Kwaker-tradisie het dit ‘besorgdhede’ genoem. Ander praat van ‘aansporings’ of ‘leidings.’ Die goeie nuus is dat indien jy werklik van God wil hoor en jy bereid is om jou lewe dienooreenkomstig te prioritiseer, sal Hy met jou praat.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min