Woord vir Vandag - 25 Mei 2026

Loading player...
“…Kom julle nou self eenkant toe na ‘n stil plek en skep ‘n bietjie asem.” Markus 6:31 NLV
Oorkom werksverslawing
Een van Satan se taktieke is om ons van die een uiterste na die ander te neem - van luiheid na werksverslaafdheid. Dis belangrik om die verskil tussen ‘n harde werker en ‘n werksverslaafde te verstaan. Harde werkers het die wysheid om perke te stel aan hoeveel hulle gedurende ‘n dag kan doen. In haar boek, 30 Days to a Stronger, More Confident You, skryf Deborah Smith Pegues: ‘Ek was in ontkenning oor my werksverslawing totdat ek besef het dat ek heelwat van die kenmerkende simptome het: Ek het die meeste van die tyd laat gewerk. Die meeste van my gesprekke het om die probleme by die kantoor gedraai. Ek het selde middagete geneem. Ek was altyd besig om veelvuldige take te verrig; ek het selde enige taak doelgerig uitgevoer. As ek oor die telefoon gepraat het, het ek ook die tyd gebruik om die huis op te ruim. As ek televisie gekyk het, het ek ook papiere georganiseer, en so aan en so meer. Wanneer ek probeer ontspan het, het ek gedink aan al die dinge wat ek eintlik moes doen. My doenlysie het meer items daarop gehad as wat ek moontlik gedurende ‘n enkele dag kon bereik. Ek was ‘n slaaf van my oortrokke kalender; ek het min of geen tyd vir ontspanning gehad nie. Ander mense het te stadig beweeg. Ek het altyd na die volgende afspraak gejaag. Ek het uitgesien na die toekennings wat ek vir goeie prestasie ontvang het. Vandag probeer ek slegs by die aktiwiteite wat ek voel deel van God se plan vir my lewe is, betrokke raak.’ Dis wonderlike raad! Jesus het vir sy hardwerkende dissipels gesê: ‘…Kom julle nou self eenkant toe na ‘n stil plek en skep ‘n bietjie asem.’ Sê die Here dieselfde vir jou?
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min