Woord vir Vandag - 26 Mei 2026

Loading player...
“Die een wat soos ‘n mens lyk, het toe weer aan my geraak en my sterk gemaak.” Daniël 10:18 NLV
Sy hand se aanraking
Elisabeth Elliott skryf in haar boek, A Slow and Certain Light, die volgende: ‘Toe ek in die woude van Ecuador gewoon het, het ek gewoonlik te voet gereis. Paadjies het dikwels deur strome en riviere gelei wat ons moes oorsteek, maar soms was daar ‘n primitiewe brug hoog bo die water wat ons moes oorsteek. Ek het daardie brûe gevrees. Die plaaslike inwoners sou egter sê: ‘Loop net oor, señorita,’ en sou die brug ligvoets en vol selfvertroue oorsteek. Ek was ook kaalvoet soos hulle, maar dit was nie genoeg nie. Op die brug kon ek nie ophou om na die rivier onder my te kyk nie. Ek was bang ek sou gly. My balans was nog nooit goed nie, dus sou my gids sy hand uitsteek om my te help. Hierdie aanraking was al wat ek nodig gehad het. Ek het myself ophou bekommer dat ek gaan gly. Ek het opgehou om afwaarts na die rivier te kyk en eerder na die gids gekyk, wat my hand met net die geringste aanraking vasgehou het. Wanneer ek die ander kant bereik het, het ek besef dat as ek gegly het, hy my sou vang. Sy teenwoordigheid en sy aanraking, was al wat ek nodig gehad het.’ Dis al wat jy ook nodig het: om God se teenwoordigheid te ervaar en sy aanraking te voel. Daniël het geskryf: ‘Die een wat soos ‘n mens lyk, het toe weer aan my geraak en my sterk gemaak. ‘Moenie bang wees nie,’ sê hy weer vir my. ‘God is lief vir jou. Wees rustig. Wees sterk.’ Terwyl hy met my gepraat het, het ek sterk geword. Ek het vir hom gesê: ‘Meneer kan maar nou met my praat. Ek is sterk genoeg’’ (verse 18-19 NLV).
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min