Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

Loading player...
“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV
Christus kan jou siel bevredig
Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar geskinder. Hoekom anders sou sy op die hitte van die middag by die put gaan water haal het? Ander vroue het hul waterkruike met sonsopkoms gaan volmaak, maar hierdie vrou het die hitte van die son bo die hitte van hulle minagting verkies. As dit nie vir die verskyning van ‘n vreemdeling was nie, sou haar verhaal vir ewig verlore gegaan het. Hy het egter haar lewe binnegekom met ‘n belofte van lewende water wat die dors van haar siel sou les. Hy het vir haar gesê: ‘…Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors word. Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word. Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ‘n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel.’ Die vrou sê toe vir Hom: ‘Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word en hierheen hoef te kom om water te skep nie’… Die vrou het haar waterkruik net daar gelos, na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: ‘Kom kyk self – ‘n man het my alles vertel wat ek al gedoen het. Is hy nie die Messias nie?’… Uit daardie dorp het baie van die Samaritane in Jesus begin glo op grond van die vrou wat met oortuiging kom vertel het: ‘Hy het my alles vertel wat ek gedoen het’’ (Johannes 4:13-15, 28, 39 NLV). Niemand anders wou haar ‘n kans gee nie, maar Jesus het haar die kans van ‘n leeftyd gegee. Wat Hy vir haar gedoen het, sal Hy vir jou ook doen.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min