Woord vir Vandag - 28 Mei 2026

Loading player...
“Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie…” Jesaja 58:6 AFR83
Probeer om te vas
God het vir sy mense die volgende redes gegee om te vas: ‘...om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek’ (vers 6 AFR83). Om te vas is een van die beste maniere om die mag van die vlees te breek. As jy vir kos kan nee sê, kan jy vir omtrent enigiets nee sê. Maak nie saak met watter verslawing jy sukkel nie, vas is die manier om die juk van slawerny te breek. Wanneer jy jouself van kos weerhou om God te soek, wys dit vir Hom dat jy ernstig is. Hy neem jou ook ernstig op as die saak Hom eer. Sommige geestelike deurbrake is slegs met die kombinasie van gebed en vas moontlik. Wanneer jy vas en bid, is die sinergie meer as die som van sy dele. As jy voel dat jou droom nie vorder nie, probeer om te vas. As jou huwelik in die moeilikheid is, probeer om te vas. As jou hart vir jou kinders breek, probeer om te vas. As jy ‘n deurbraak nodig het, probeer om te vas. As jy ‘n groot besluit moet neem, probeer om te vas. Wanneer jy vas, word vestings afgebreek en deurbrake gemaak. Dis die manier waarop ons aan God verklaar dat ons Hom nodig het en Hom meer as kos self nodig het. Dit verg geweldige dissipline om kos op te gee, maar om dit te doen, kweek dissipline in ander areas van ons lewe. Die beste manier om sondige begeertes dood te maak, is deur hulle uit te honger. Dis presies wat vas doen. Dit verswak nie net jou fisiese liggaam nie; dit verswak ook jou sondige vlees en versterk terselfdertyd jou gees.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min