Woord vir Vandag - 29 Mei 2026

Loading player...
“…sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.” Johannes 17:26 AFR83
God werk in jou, met jou en deur jou
Net voor Hy in hegtenis geneem en na die kruis geneem is, het Jesus gebid: ‘Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.’ Wanneer dit by die erkenning van en reaksie op God se teenwoordigheid in ons lewens kom, sê die Christelike skrywer John Ortberg dat hy volgens hierdie twaalf waarhede leef: 1) God is altyd teenwoordig en aktief in my lewe, of ek Hom nou sien of nie. 2) Om God se teenwoordigheid te herken en te ervaar, is aangeleerde gedrag; ek kan dit kweek. 3) My werk is om God in hierdie oomblik te ontmoet. 4) Ek is altyd in die versoeking om ‘buite’ hierdie oomblik te leef. Wanneer ek dit doen, verloor ek my aanvoeling van God se teenwoordigheid. 5) Soms lyk God ver weg om redes wat ek nie verstaan nie. Daardie oomblikke is ook geleenthede om te leer. 6) Wanneer ek misluk, kan ek altyd dadelik weer begin. 7) Niemand weet die volle mate waarin ‘n mens God se teenwoordigheid kan ervaar nie. 8) My begeerte na God eb en vloei, maar sy begeerte na my is konstant. 9) Elke gedagte dra ‘n ‘geestelike lading’ wat my ‘n bietjie nader aan of ‘n bietjie verder van God af beweeg. 10) Elke aspek van my lewe - werk, verhoudings, stokperdjies en bewegings - is vir God van belang. 11) My pad om God se teenwoordigheid te ervaar, sal nie presies soos iemand anders s’n lyk nie. 12) Dit help nie om te hard te probeer nie. Die woord vir jou vandag is dus - God werk in jou, met jou en deur jou!
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min