Woord vir Vandag - 30 Mei 2026

Loading player...
“Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap.” Job 33:15 NLV
Vra God vir ‘n droom
Die patriarg Job het gesê: ‘Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap’ (Job 33:14-15 NLV). ‘n Droom kan ‘n belangrike boodskap van God of ‘n antwoord op jou gebed wees. God het vir Paulus ‘n droom gegee waarin ‘n man van Masedonië aan hom verskyn en gesê het: ‘…Kom oor na Masedonië toe en help ons’ (Handelinge 16:9 NLV). Paulus het daarheen gegaan en die evangelie verkondig. Salomo se heerskappy as koning van Israel begin met hierdie woorde: ‘Daardie nag het die Here in Gibeon in ‘n droom aan Salomo verskyn en God het gesê: ‘Wat wil jy hê? Vra, en Ek sal dit vir jou gee!’’ (1 Konings 3:5 NLV). Salomo het God vir groot wysheid gevra en God het hom wysheid, eer en rykdom gegee. Praat God vandag nog in drome met ons? Ja. Hy sê: ‘Ek is die Here, Ek verander nie…’ (Maleagi 3:6 NLV). Die Hebreeuse woord vir droom is ‘chalom.’ Dit het vyf betekenisse: 1) ‘Om stewig te bind.’ Jy is veilig in God se liefde toegdraai. (2) ‘Om mollig te wees of te word.’ In die Bybel is vetheid of molligheid ‘n beeld van gesondheid, welstand en voorspoed. (3) ‘‘n Gevoel van onkunde.’ Wanneer God jou ‘n droom gee, deel Hy inligting met jou oor dinge waarvan jy onkundig is. (4) ‘Om in voorkeur te wees.’ Wanneer God jou ‘n droom gee, betoon Hy guns aan jou. (5) ‘Om te herstel.’ Wanneer God jou ‘n droom gee, werk Hy daaraan om dit wat jy verloor het, te herstel. Vra dus vir God vir ‘n droom.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min