Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

Loading player...
“…Ek is vir altyd by julle…” Matteus 28:20 NLV
God is vandag ‘by jou’
Om ‘n persoonlike verhouding met iemand te hê, moet daar tweerigtingkommunikasie wees. Selfs die mees in homself gekeerde man moet elke nou en dan instemmend grom, anders is dit nie ‘n huwelik nie - dis ‘n monoloog. Kommunikasie tussen die Here wat by jou is, en jy wat by die Here is, vind hoofsaaklik in jou gedagtes plaas. Twee mense mag dalk dieselfde kamer deel, maar as een van hulle slaap of in die televisie verdiep is, is hulle nie regtig bymekaar nie. Daar moet interaktiewe bewustheid wees. Ons het as mense nie direkte toegang tot mekaar se gedagtes nie. Ons kan woorde, menslike aanraking of handgebare gebruik om ‘n ander persoon se gedagtes te rig. God is egter almagtig, dus is Hy in staat om ons gedagtes direk te rig. Hy kan met ons deur die Skrif of deur die woorde van ‘n ander persoon praat. Hy kan egter ook sy gedagtes direk in ons gedagtes plant. ‘…ons is ingestel om soos Christus te dink’ (1 Korintiërs 2:16 NLV). Dit kan enige tyd en enige plek gebeur. Jou gedagtes is dus jou ontmoetingsplek met God! Daar is baie omtrent God wat met jou kommunikeer wat ‘n raaisel is. Daar is geen formule nie. Jy kan nie God se kommunikasie met jou beheer nie. Jy kan Hom nie dwing om te praat deur meer vroom of opreg te wees of deur hard te werk nie. Jesus het vir Nikodemus gesê: ‘Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy suising, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy op pad is nie. Só is dit met elkeen wat uit die Gees gebore is’ (Johannes 3:8 NLV). Hiervan kan jy vandag seker wees: God is met jou en Hy sal met jou praat as jy die tyd neem om te luister.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min