
ABC van Ouerskap: A - ADHD (Dr Annemarie Olivier)
Loading player...
Vandag skop ons 'n splinternuwe reeks, die ABC van Ouerskap, af met die letter A vir ADHD. Dis ’n term wat baie ouers al gehoor het, maar wat dikwels misverstaan word. Wat presies is ADHD? Wat veroorsaak dit, en hoe raak dit ’n kind se daaglikse lewe? Om ons hiermee te help, gesels ons met Dr Annemarie Olivier, wat spesialiseer in kinders met ADHD.





