Woord vir Vandag - 1 Junie 2026

Loading player...
“Óns sal dan al ons tyd bestee aan gebed en die bediening van die woord.” Handelinge 6:4 NLV
‘P.R.A.Y. (Pause, Reverence, Ask, Yield)’
In haar boek, 30 Days to a Stronger, More Confident You, gebruik die skrywer Deborah Smith Pegues die woord ‘PRAY’ as ‘n akroniem: ‘‘Pause’. Ek stop alle aktiwiteite en fokus heeltemal op God. Aanbidding verg totale fokus. Die grootste eer en respek wat ons aan enigiemand kan gee, is ons onverdeelde aandag. ‘Reverence’. Ek spreek my bewondering vir al God se eienskappe uit. Op hierdie punt begin afleidings soos kakiebosse opduik. Ek sal skielik ‘n taak wat ek op my doenlysie moet sit, onthou. Ek het geleer om gou die taak in my Bybelstudiejoernaal neer te skryf en die ander kwessies te ignoreer vir dit wat hulle is - blote afleidings wat later hanteer kan word. Ek het ook geleer dat om hoorbaar te bid, my help om dwalende gedagtes hok te slaan. ‘Ask.’ Ek vra om vergifnis vir my sondes en probeer om spesifiek daaroor te wees. Ek bid vir die krag om ‘n Christelike lewe te lei en vra God om vir my ‘n passie vir sy Woord en vir gebed te gee. Ek vra dat sy wil in elke aspek van my lewe geskied: geestelik, fisies, finansieel, verhoudingsgewys, beroepsgewys en emosioneel. ‘Yield.’ Ek moet my versoeke aan God se soewereine wil onderwerp, met die vertroue dat Hy weet wat die beste vir my is. Daarom is ek versigtig om my gebed af te sluit deur te sê: ‘Laat nogtans nie my wil nie, Here, maar u wil geld’ (sien Lukas 22:42). Die ou gesegde dat dit nie is wat jy ken nie, maar wie jy ken wat jou die voordeel in ‘n situasie gee, is waar - veral vanuit ‘n geestelike perspektief. Wanneer ons ‘n verhouding met God het, verstaan ons dat Hy voldoende is om enige eise wat aan ons gestel word, te hanteer.’
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min