Woord vir Vandag - 2 Junie 2026

Loading player...
“Die Here jou God sal jou dan voorspoedig maak in alles wat jy doen…” Deuteronomium 30:9 NLV
Glo God vir oorvloed
‘n Jong kunstenaar het eendag haar tante gebel om haar te laat weet dat sy op pad na ‘n luukse oord is om te probeer om haar houtsneewerk van seevoëls aan die eienaar van die geskenkwinkel te verkoop. Sy het haar tante gevra om te bid dat haar onderneming suksesvol sou wees. Haar tante het haar verseker dat sy sou bid vir die grootste bestelling wat sy nog ooit ontvang het! Daardie aand het die jong kunstenaar haar tante teruggebel. Nie net het die geskenkwinkel-eienaar al haar houtsneewerk gekoop nie, maar ook soveel houtsneewerk bestel as wat sy kon maak! Sy was vol verwondering oor hoe oorvloedig God die gebed verhoor het. ‘Nou moet Tannie asseblief weer bid,’ het sy vir haar tante gesê, ‘dat ek hierde groot bestelling sal kan nakom!’ Haar tante het geantwoord: ‘Die Here maak nie ‘n deur oop tensy Hy verwag dat ons suksesvol daardeur gaan loop nie. Wanneer ons vir reën bid, moet ons nie verbaas wees as ons ‘n wolkbreuk kry nie!’ Bid jy dat God ‘n behoefte in jou lewe sal vervul? Watter antwoord verwag jy? Wees eerlik. Die absolute minimum? Karig maar bevredigend? Of verwag jy oorvloedige, meer-as-genoeg voorraad? Staan op God se Woord: ‘Die Here jou God sal jou dan voorspoedig maak in alles wat jy doen….’ Jesus het gesê: ‘Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, om dit oorvloedig te hê’ (Johannes 10:10 NLV). Paulus het geskryf: ‘En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk’ (2 Korintiërs 9:8 NLV). Glo dus in God vir oorvloed.
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min