Woord vir Vandag - 3 Junie 2026

Loading player...
“En as ons God se kinders is, maak Hy ons ook sy erfgename. Saam met Christus deel ons in God se rykdom…” Romeine 8:17 NLV
Ken en geniet jou erfenis
Ons deel dieselfde erfenis as Christus! Wat Hy het, het ons ook! ‘…In hierdie wêreld is ons situasie immers presies dieselfde as Jesus s’n...’ (1 Johannes 4:17 DB). As ons dus mede-erfgename saam met Christus is, waarom sukkel ons deur die lewe? Om twee redes: 1) Ons weet nie van ons erfenis nie. Niemand het ons ooit vertel dat ons vanuit ‘n posisie van oorwinning veg, in plaas daarvan om vir oorwinning te veg nie. Wanneer jy jou hart vir Christus gee, het Hy ‘…al die geestelike skatte wat daar in die hemel is, verniet vir ons gegee’ (Efesiërs 1:3 NLV). Jy besit reeds alles wat jy nodig het om alles te wees wat God begeer. Jy het toegang tot al die geestelike skatte. Dit beteken ook dat God jou ‘…sal toerus met alles wat nodig is om sy wil uit te voer…’ (Hebreërs 13:21 NLV). 2) Ons glo nie in ons erfenis nie. Stel jou voor wat sou gebeur as ‘n generasie Christene vanuit hul erfenis leef. Hulle sou pornografie op die internet afskakel. Die eensames sou vertroosting in God en nie in die arms van vreemdelinge vind nie. Sukkelende paartjies sou meer tyd in gebed en minder tyd in woede deurbring. Kinders sou dit as ‘n seën beskou om na hul bejaarde ouers om te sien. ‘Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik in ons wat glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk toe God Christus uit die dood opgewek het…’ (Efesiërs 1:19-20 NLV). Dieselfde inwonende Gees wat Christus uit die dood opgewek het, sal elke ‘Ek kan nie’ van jou in ‘n ‘Ek kan’ verander. ‘Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee’ (Filippense 4:13 NLV).
22 May English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min